Personeel

Elke groepie het hul eie opgeleide onderwyseres. Individuele aandag en kwaliteit onderrig word gewaarborg.

Kameelperdklas: Juf Nolien Chambers "Moet nooit opgee nie"

Met die instink van 'n moeder hanteer juf. Nolien elke kleuter in haar groepie asof hulle haar eie is. Sy is 'n saggeaarde en liefdevolle juffrou wat soveel simpatie toon self met net 'n ou skrapie op die been! Daar is tans 8 zebras in die klas.

Olifantklas: Juf. Mary-Jay Palmer "'n Aaanhouer wen"

'n Juffrou met 'n passie vir kleutertjies! Haar sprankelende persoonlikheid en borrelende geaardheid pas by die lyfies wat sy met soveel opregtheid soggens by die hek ontvang. Daar is tans 10 olifantjies in die groepie.

Assistent: Tannie Patricia Jwara

Tannie Patricia Jwara maak die lekkerste kos in Parys! Sy is baie bekwaam om met die kleutertjies te werk en moedig hulle gedurig aan om te presteer. Sy is al vir 5 jaar werksaam by Parys Christelike Skool.

Zebraklas: Pos Beskikbaar